Maak die hek
oop

...en laat jouself vry

blank

Elke hond kry sy dag

Jy probeer om te vergeet maar om elke hoek en draai is daar iets wat jou herinner daaraan.

‘n Liedjie speel op die radio en jy kan sommer voel hoe ruk jou hart.

So nou en dan trek selfs ‘n reuk jou terug na ‘n oomblik wat jy net wil uitvee.

“Toemaar, elke hond kry sy dag”, dink jy, en jy wens net daardie hond se dag wil nou kom – en dat jy dit met jou eie oë kan sien gebeur.

Kom vertel bietjie vir my:

– Word jy soms onredelik kwaad oor iets wat nie eintlik so erg is nie, net om jouself uit te haal omdat jy nou weer lelik of humeurig was?

– Voel jy kwaad vir die wêreld en dat almal moet opmaak vir wat met jou gebeur het?

– Wanneer iemand iets goed sê van ‘daai blikskottel’, spring jy vining in om hulle ‘reg te help’ met die slegte dinge wat jy weet van daardie persoon?

–  Is daar dalk, diep binne jou hart, sonder dat jy dit erken,  nog seer wat nie heeltemal gesond geword het nie?

Hierdie is alles tekens dat daar dalk bietjie woede, bietjie bitterheid in jou hart is, en dat dit jou ook bietjie vashou.

blank

 Maar daar IS ‘n uitwegom vorentoe tebeweeg.

Die oplossing omligterte voel 

                – lê in vergifnis –ommense te te laatgaan en die seer te laat gaan.

Vergifniskan voel soos hierdieonmoontlike bergom te klim; 

           ek meen, hoekom moet ons nou laat gaan wanneer ons rêrig êrig tenagekomwas? Daai blikskottel verdien dit nieenselfs al kan ons vergewe,dink ons:Ek salnooitkan vergeet nie”.

blank
blank

Maar wat as....

-vergifnis nie gaan om te vergeet nie, maar net om beter te voel oor wat jy onthou?


– vergifnis nie gaan oor die ander persoon dit verdien of nie, maar oor JOU wat dit verdien om ‘n ligter, vry hart te hê?

Vergifnis maak nie die tronkdeur oop vir die ander persoon om net aan te gaan asof niks gebeur het nie . Dit maak wel die deur oop vir JOU – sodat jy nie meer as ‘n gevangene van die verlede hoef te leef nie.

Vergifnis maak die deur oop vir vrede in jou siel, en maak plek in jou gedagtes vir mooier.

Dit is waarom Vergifnis die kragtigste toels...

en grootste geskenk is wat ons het. Dit is die naaste aan ‘n “quick-fix” as wat ons kan kom want dit is JY wat ‘n keuse maak;

– jy kies herstel bo bitterhead,

– jy kies lewe bo depressie,

– jy kies vrede bo woede.

blank
blank

Hoe kan ons help?

Op hierdie platform sal jy sagte leiding, ware stories van vriendinne, en praktiese stappe vind sodat jy die pad van vergifnis op jou eie tempo kan te stap – want die vet weet – dis nie ‘n maklike pad nie, né?

Onthou:

As hierdie idee vir jou nuut is of jy skop nog so bietjie daarteen, dis okay. Begin klein. Vat dit stadig. En kyk gerus onder die Padliggies of daar iets is wat jou kan help met jou volgende stappie.

Jy sal ontdek dat om te vergewe is nie swakheid nie, dit is krag. Dit maak ons oorwinnaars.

-Lees meer oor die volgende stappe hier.

Alle inhoud, insluitend prosesse, metodes, name, raamwerke en strukture wat dit voorgelê word, is dieintellektuele eiendom van Toelboks. Reproduksie, verspreiding of aanpassing van enige aard sonder skriftelike toestemming is verbode.