Sluit aan


Veg
Reg

...en bou veerkrag

blank

Dieselfde vrou wat liefdevol vir haar kleinding waai op pad skool toe,

                    is ook die een wat in haar slaapkamer haar swaard skerp maak.

Die vrou wat aan jou die blomme verkoop met ‘n sagte glimlag,

               is dieselfde een wat in haar oorlog-strategie vir die volgende stryd beplan.

Dis reg – dis nie eers vreemd om die twee kante van ‘n vrou te beskryf nie, want vroue kan terselftertyd sag, versorgend en wys wees, maar ook strategies, sterk en ‘n vegter.

blank

Soms is dit moeilik om te veg​

Maar wat as die lyne begin vervaag? Wat as ‘n vrou nie meer weet wanneer om te veg, of teen wat om te veg nie? Wat as sy so onderdruk word deur die vyand dat sy die voortdurend een stappie vorentoe gee en twee agteruit? Wat as elke windjie wat opkom haar neerlaat asof dit ‘n groot storm was – totdat sy nie meer weet hoe om op te staan nie?

Vegkuns is gebore uit daardie plek – waar hoop en moedeloosheid saam in een hart woon; waar geloof en gevoelens bots, en waar een vrou besluit het:

“Ek moet leer om reg te veg.”

En jy kan ook.

Let’s face it – Om voor jou vyand te staan te kom en hom te oorwin, vra strategie. 

Om in hierdie lewe te kan voor kom, en sterk staan in storms – is ‘n kuns, want die lewe gee ons nie die opsie om moeilike tye te vermy nie.

Geen twee vroue se oorlogstrategie lyk presies dieselfde nie, maar die Bybel gee vir ons goue sleutels wat ons kan help om nie net:

– in die oomblik, in die geveg, as oorwinnaar uit te stap nie, 

– maar ook hoe om veerkrag te bou vir die lewe.

blank
blank

Miskien dink jy, daar waar jy nou lees, dat die ding wat jou tans die meeste onder kry, ’n gevoel is wat al lank saam jou loop. Miskien wonder jy:

“Kan die vervelige (hartseer) ritme in my lewe breek?“

Vat nou ‘n tip van ‘n vrou wat daar was:

Soek die eintlike probleem – ken jou vyand – gee vir dit ’n naam. Dan weet jy ten minste wat om te veg.

Op hierdie platform is ons passievol daaoor om by die wortel van ’n probleem uit te kom. Hier is ‘n paar voorbeelde:

Voel jy dat mense jou nog altyd net verwerp het? Dalk is jou vyand dan verwerping.

Voel dit vir jou asof jy jouself altyd moet bewys om – om liefde, erkenning of selfs ’n salaris te verdien? Miskien is jou vyand minderwaardigheid.

Tree jy krities teenoor ander op, altyd op soek na foute en gereed om ’n oordeel uit te deel? Miskien is dit omdat jy self veroordeel voel.

blank
blank

Leer die kuns van veg​

Goeie vegkuns beteken ook om skills te hê. Dit beteken om te leer hoe om nie VIR oorwinning te veg, maar VANAF ‘n plek van oorwinning. Dit is nie ‘n vininge ding nie – om ‘n skill aan te leer vat tyd.

– Ons leer wat dreineer, ons en ons vervang dit met dinge wat lewe gee.

– Ons vervang onrealistiese verwagtinge met gesonde perspektiewe.

– Ons laat gaan van die behoefte om alles te beheer.

– Ons vervang konstante besig wees met rus en vrede.

– Ons pak die bul by die horings.

– Ons soek goeie geselskap uit en omring ons met beter mense.

Kom saam waar ons op hierdie pad loop om sterker te word en veerkrag op te bou, waar ons leer van die skills wat die Bybel vir ons kan leer, een stappie op ‘n slag.

blank

Alle inhoud, insluitend prosesse, metodes, name, raamwerke en strukture wat dit voorgelê word, is die intellektuele eiendom van Toelboks. Reproduksie, verspreiding of aanpassing van enige aard sonder skriftelike toestemming is verbode.