
As al die rolle wat jy vertolk – ma, dogter, jou beroep – skielik wegval, wat sal oorwees van jou?
As jou kwalifikasies skielik niks meer beteken nie, of niemand onthou wat jy al bereik het in jou lewe nie – Wie is jy dan?
Miskien meet jy jouself aan die dinge wat jy bereik, of aan hoe ander mense jou sien – maar tog –
Voel dit soms vir jou asof hoe meer jy jaag na titels, status en prestasies, hoe meer jaag jy na wind
– en dit los jou teer en breekbaar en asof jy net nie genoeg is nie.
Die waarheid?
As jou ISWEES vas is aan enige iets wat kan wegval, gaan jy altyd ‘n hamster op ‘n wieletjie wees. Jy gaan altyd moet verander om ‘genoeg’ te voel.
Ons wêreld sê: “Ontdek jouself”, “Bewys jouself” en “Vergelyk jouself”. Ons glo as ons sukses behaal dan sal ons kosbaar wees; iets vir die wêreld beteken, – maar flip man, mens kan nie byhou nie want die definisie van sukses bly verander!
En wat as ‘n verhouding verbreek? of jou status verander – voel jy verlore, want jou WIE was in die verkeerde plek geanker.verloor, dan wet ons nie WIE ons is nie.
Is ons regtig bedoel om ons eie ISWEES, ons identiteit, aan hierdie goed te koppel? Is dit slim om die hartjie van onsself aan veranderlikes te anker?


As mens die eienskappe en die waarde van iets wil weet, sal dit nie sin maak om die een te vra wat dit gemaak het nie?
Dink daaraan: as jy die waarde van iets wil weet, vra jy mos die Een wat dit gemaak het.
Wat as jou identiteit nie iets is wat jy moet soek of verdien nie – maar iets wat alreeds binne jou leef? So natuurlik soos die bloed wat in jou are vloei.
Wat as jy nie hoef te bewys wie jy is nie, maar net hoef te wees?
Dit is hoekom IDENTITEIT een van ons kerntoels is.
Jou identeiteit is jou fondasie: Geanker in die waarheid dat jy met liefde, rigting en betekenis gemaak is.
Wanneer die waarheid van WIE en WIE s’n ons helder word, dan:
– skuif al die ander rolle natuurlik na die agtergrond. Jy wag nie meer vir die wêreld om vir jou te sê wie jy is nie.
– leer ons ou gewoontes en gedagtes af, sodat jy kan leef VANUIT wie jy WEET jy is, en pas nie aan om jou identiteit te verdien of te bereik nie.
– stel ons beter perke in en ons weet waar om die lyn te trek.
– bring dit REDE VAN JOU BESTAAN na vore, en jy sien selfs jou rigting en jou doel; en dit bring beter besluite

Om jou identiteit te leer ken is nie dieselfde as om nog maskers aan te sit nie maar dit is eerder om maskers af te haal.

1. Bevraagteken jouself.
Wie is dit wat jy van jouself verwag om te wees? Waar kom dit vandaan? Laat daardie labels jou goed en empowered voel, of maak dit jou moeg? Is dit wat jou maker van jou sê en kan jy Hom glo?
2. Verander hoe jy dink.
Leer om ou stories oor shame, vrees en vergelyking te laat gaan. Kyk geris hoe Kolossense 3:9-10 die proses as iets uit beeld wat JY kan DOEN. “Put on”, “Julle het..” en “Omdat jy…het”.
3. Maak Identiteit die begin
Jy mag maar optree SOOS ’n prinses, jy hoef nie te strewe om een te word nie. Jy mag maar rus in die wete dat jy het reeds ‘n plekkie in die son, en jy hoef nie maskers aan te sit om mense te beïndruk wat jou in ’n blik wil druk nie.
4. Vind jou mense
Saam-saam, m.a.w. jy doen dit nie alleen nie. Maak seker jy is omring met mense by wie jy nie maskers hoef te dra nie.
Ons het mekaar nodig om ons te herinner aan die waarheid wanneer ons dit vergeet. Kom sluit aan om op hoogte te bly van hoe ons Tribe groei en help bou aan ‘n plek waar ons mekaar herinner: ons behoort, ons is vry, sterk en oorwinnaars.
Alle inhoud, insluitend prosesse, metodes, name, raamwerke en strukture wat dit voorgelê word, is die intellektuele eiendom van Toelboks. Reproduksie, verspreiding of aanpassing van enige aard sonder skriftelike toestemming is verbode.
© 2025 Toelboks. All rights reserved.