Waarvoor en Waarheen?

. . . Gemaak vir 'n doel en met 'n doel

blank

Waarvoor is ek nou eintlik op hierdie aarde?

Miskien voel jou lewe soos ‘n warwoel van verantwoordelikhede – Werk, slaap, naweek, ‘repeat’ – en soms wonder mens of dit alles ooit saakmaak?

Daar is dae wat jy opstaan, jou koffie drink, die dag aanpak… en teen die aand voel dit asof jy deur die praktiese funksies gegaan het, maar dat daar nie veel rigting of betekenis daaraan is nie.

Miskien sien jy ander mense wat hulle drome najaag en wat lyk of hulle weet waarheen hulle op pad is – hulle leef met passie, met fokus – en jy wens stilletjies dat jou alledaagse take ook ‘n impak kan maak op die aarde.

En dan kom daardie stemmetjie wat vra: “Is ek op die regte pad? Het ek dalk my kans gemis? Wat as ek nooit my ‘purpose’ ontdek nie?”

Dis ‘n eerlike vraag, en jy’s nie alleen nie. Dit is nie verniet een van die grootste vrae wat op Google gevra word nie.

Mense soek ‘n doel, ‘n groter betekenis as net om te ‘survive’ en van naweek tot naweek te leef.

Google definieer “purpose” as:

      “the reason for which something is doneor createdor for which something exists.”

blank

Dis ‘n mondvol, en nogal intimiderend.

Skeppingsdoel.

Logies gesproke moes daar mos ‘n rede wees waarom ek en jy gemaak is, neh? En dan kom die vraag: “Is die hoofrede vir my bestaan om aan die lewe te bly? Of ‘n goeie daad vir die dag te doen? Om vroeg af te tree?”

“Lê daar nie dalk iets groter daar agter nie?”

blank

Waar begin my doel?

Hier isdie waarheid: Jou purpose– die rede waarvoor jy asem haal – en

– die doel waarvoor jy bestaan –  is nie:

         iets wat jy moet ontdek vêr weg in ‘n ‘Eat, pray, love’ wêreld nie,

         dit is nie ‘n misterie soos ‘n skattegjag wat jy moet soek nie,

         dit begin nie met groot drome of wêreldveranderende projekte nie.

Jou doel en jou rede is nader as wat jy dink en dit begin met die Een wat jou geskep het.

Op hierdie platform pak ons saam die hoofstukke van ons DOEL, ons REDE en ons RIGTINGuit soos ‘n goeie boek. Ons gaan op ‘n reis – nie om dit te soek of te bereik nie, maar om dit te wees, te beplan, te voel en te leef.

Hoofstuk een:

Jy is gemaak deur God, VIR God. Met ander woorde: Hy het jou gemaak vir Homself, en vir Sy groter prentjie.

Wanneer ons by die begin begin en na Genesis kyk sal ons sien dat die ritme van die mens is:

BE-DO-HAVE.

blank
blank

Dit begin by BE; dit beteken dat jou begin is om te WEES saam jou maker. 

Klink dit te eenvoudig? Wel, in ‘n mate is dit, maar dit is super belangrik want alles spruit vanuit daardie plek af. Die rede hoekom doel en rede van die mensdom se grootste soektogte is: daardie plek voel soos ‘n leemte wat ons smag om te vul. Dit kan met niks anders gevul word nie, selfs al probeer ons.

Die vorm wat daardie ISWEES aanneem, en die manier wat ons die leemte vul is in die vorm van ‘n verhouding, en net soos enige ander verhouding begin dit deur om mekaar te leer ken, en ‘n bietjie tyd saam te spandeer. 

-Hou dit prakties! Begin met ‘n bietjie praat, ‘n bietjie luister, ‘n bietjie tyd maak – en, net soos in enige ander verhouding begin daardie tydjies goed voel en voor jy jou oë uitvee begin jy uitsien na die volgende keer.

Hy wil vir jou groot dinge wys en vertel en Hy wil vir jou leer hoe Hy jou aanmekaar geweef het sodat jy nie meer so doelloos of verlore voel nie.

Dit is dalk ‘n nuwe gedagte vir jou, en daar is soveel meer om te ontdek. Ons hoop dat jy ‘n bietjie sal kou aan die idee, en saam ons die pad sal kom stap waar ons vir mekaar kan help om die lig raak te sien en saam die volgende hoofstukke van hierdie pragtige boek oor JOUSELF lees.

Alle inhoud, insluitend prosesse, metodes, name, raamwerke en strukture wat dit voorgelê word, is die intellektuele eiendom van Toelboks. Reproduksie, verspreiding of aanpassing van enige aard sonder skriftelike toestemming is verbode.