


Stap vir ‘n oomblik saam my die reis van jou lewe. As jy ‘n prentjie kan sien van ‘n paadjie wat deur ‘n baie groot tuin loop – soms is die paadjie opdraende waar dinge stadig en swaar is, en soms loop dit afdraende en moeilikheid hardloop soos ‘n sneeubal.
‘n Tuin met blomme en bome en vieslike onkruid wat alles wil verdruk… Dan kom die vrae op:
-Wanneer is die pad net bietjie gelyk dat ek die omgewing kan geniet?
-Waarheen is ek nou eintlik op pad?
-Moet ek nie een of ander tyd kan leer hoe om die opdraendes en afdraendes beter te kan hanteer nie?
Sal dit nie wonderlik wees as jy die paadjie kan stap met ‘n Toelboks opgevul met beginsels en stappe en kaarte en ‘n kompas om jou te help om die uitdagings te oorwin nie?
Turns out daar is. Ons leer by mense wat reeds daardeur was en ons leer deur om te oefen, toe te pas, en ons leer uit die Bybel – maar soms het ons nodig om hierdie lesse en sleutels op ‘n praktiese manier aan te leer
– en dit is waar TOELBOKS vandaan kom:
dit is gerig op HOE om groot lesse en Bybelse sleutels as praktiese taktieke in ons lewens te kan toepas. Ek is bly jy is hier en ek hoop dat jy op hierdie platform ‘n TOEL kan raaksien wat jou kan help om die hero van jou storie te wees.
Alle inhoud, insluitend prosesse, metodes, name, raamwerke en strukture wat dit voorgelê word, is die intellektuele eiendom van Toelboks. Reproduksie, verspreiding of aanpassing van enige aard sonder skriftelike toestemming is verbode.
© 2025 Toelboks. All rights reserved.